5 Julie 2024
Verskeie munisipale bestuurders is die afgelope twee maande in vyf munisipaliteite in Noordwes geskors of op spesiale verlof geplaas.
Die betrokke munisipaliteite sluit die Kagisano Molopo, Naledi, Bojanala, Tswaing en Mamusa munisipaliteit in.
Terselfdertyd sit munisipaliteite soos Madibeng, Ditsobotla en Lekwa Teemane alreeds sonder permanente munisipale bestuurders.
Dit word deur sommige ontleders geblameer op interne twis in die betrokke rade, terwyl munisipale bestuurders in sommige gevalle gebrekkige prestasie gelewer het.
Die hoof van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, dr Ben Bole sê die onstabiliteit in administratiewe leierskap by verskeie munisipaliteite in die provinsie wek kommer.