24 November 2023
June Steenkamp, die ma van Oscar Pistorius se vermoorde meisie Reeva Steenkamp, sê sy glo nie dat hy gerehabiliteer is nie en, indien dit die geval is, vrees sy vir die veiligheid van vroue as hy vrygelaat word.
In ‘n slagoffer-impakverklaring wat tydens Pistorius se paroolverhoor voorgelees is, skryf Steenkamp dat sy nie Pistorius se weergawe glo dat hy gedink het dis ‘n inbreker wat in die badkamer geskuil het nie.
Sy sê sy ken ook nie iemand wat dit wel glo nie.
Steenkamp skryf dat sy nie weet wat aanleiding gegee het tot sy keuse om vier keer deur ‘n geslote deur te skiet nie, terwyl hy – volgens haar – geweet het dat dit Reeva was.
Die verslag is deur Rob Matthews voorgelees, wat se dogter, Leigh, in 2004 deur Donovan Moodley ontvoer en vermoor is.
Foto: EWN