29 Julie 2022
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het beslis dat die ondersoek na Hillary Gardee se moord deur die polisie geprioritiseer moet word.
Gardee se pa, Godrich Gardee, is ‘n voormalige sekretaris-generaal van die EFF.
Haar familie het ‘n aansoek teen die minister van polisie, Bheki Cele, gebring nadat hulle gevoel het die ondersoek volg nie na wense nie.
Volgens die hof het die minsiter, die provinsiale kommissaris en hulle verteenwoordigers in gebreke gebly om ‘n behoorlike ondersoek te gelas.
Die hof het die polisie ook beveel om ‘n multi-dissiplinêre taakspan aan te stel om die moord te ondersoek en gereeld aan die familie verslag te doen.
Die 28-jarige Gardee se liggaam is in ‘n plantasie in Mpumalanga gevind nadat sy tereg gestel is.
Success in the fight against GBV and justice for Hillary! Order granted to bring to an end of the mediocrity and ineptitude of @SAPoliceService We are now on track to get the remaining thugs…. #Justice4Hillary #HillaryGardee pic.twitter.com/dU2BgoGiEL pic.twitter.com/AR372HRZyZ
— Godrich Gardee (@GardeeGodrich) July 28, 2022