Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Vermeende seksuele oortreder vervolg, byna 2 jaar later

10 Junie 2021

’n Verdagte wat beskuldig word op twee aanklagte van seksuele aanranding en een klag van verkragting, het gister in die landdroshof in Reitz in die Vrystaat verskyn. 

AfriForum se bestuurder van veldtogte, Jacques Broodryk sê dié stap kom ná volgehoue druk deur die organisasie se privaatvervolgingseenheid. Volgens Broodryk is die eenheid in Oktober 2019 deur ’n familielid van ’n 5-jarige dogtertjie genader, wat na bewering deur die verdagte gemolesteer is.

Die Direkteur van Openbare Vervolgings het egter besluit om nie die verdagte te vervolg nie, waarna AfriForum se privaatvervolgingseenheid vasgestel het dat die polisie glo nooit die saak behoorlik ondersoek het nie. 

Volgens hom het die DOV besluit om die saak te heropen weens verskeie getuies in die saak se weergawes, wat glo nooit deur die polisie bekom is nie. 

Broodryk sê alhoewel die verdagte steeds nie vervolg word vir die molestering van die kind nie, het die ondersoek bevind dat hy betrek kan word by verskeie ander soortgelyke oortredings, waarvan hy nou formeel aangekla is.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap
Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende