Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Vermeende kabeldief doodgeskok

22 April 2021

Dele van Roodepoort is vroeër vandag in duister gehul nadat ‘n vermeende kabeldief by die substasie in Pennyville kabels probeer steel het.

Die verdagte het glo probeer om ‘n 11-duisend-Volt kabel deur te saag toe hy doodgeskok is. Gereedskap is langs hom op die toneel gevind.

Tegnici van die Johannesburgse nutsmaatskappy, City Power het die ontdekking gedoen nadat hulle ontbied is om die oorsaak van ‘n kragonderbreking te bepaal.

Volgens City Power se woordvoerder, Isaac Mangena word voorvalle van kabeldiefstal betreur omdat dit verbruikers verontrief en ook omdat dit miljoene rand skade elke jaar beloop.

Die bestuur van City Power het hul medelye aan die oorledene se naasbestaandes betuig. Intussen blyk dit asof die kragtoevoer teen laatmiddag herstel is.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

Ander Nuus Artikels

South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende