Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Vermeende dronkbestuurder in die hof oor ongeluk waarin kitskosafleweraar dood is

13 Desember 2023

‘n Man het uiteindelik in die hof verskyn, 18 maande ná die dood van ‘n kitskosafleweraar, Motheo Madihlaba op 16 April 2022 in Middelburg.

Jonas Moedigi Sebati het vandag vir die eerste keer in die Landdroshof op Middelburg verskyn op aanklagte van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van drank.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is in Mei verlede jaar deur Madihlaba se familie om hulp genader weens die saak wat volgens hulle gesloer het. Madihlaba was op die betrokke dag op pad om kos te gaan aflewer toe Sebati na bewering twee voertuie op ’n sperstreep verbygesteek en trompop teen Madihlaba op sy bromponie gebots het.

Madihlaba is op die toneel dood verklaar.

Die eenheid se Barry Bateman sê daar is intussen vasgestel dat hoewel Sebati op die ongelukstoneel in hegtenis geneem is, het die polisie hom later op borg van R1 500 vrygelaat, en aangesê om in April 2023 weer by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan te meld.

“Die eenheid het sedert Mei verlede jaar aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV) geskryf om te bepaal waarom die verdagte nog nie in die hof verskyn het nie. Daar is aangevoer dat die ondersoekbeampte steeds op die uitslag van die bloedalkoholvlaktoets wag.”

Die saak is uitgestel tot 29 Januarie 2024 vir blootlegging van die dossier aan die verdediging.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Geld-1

Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen

paul-kruger-gate-786x416-1

Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

pexels-arina-krasnikova-6663368

“Nuwe regulasies bedreig duisende se werk in die skoonheidsbedryf”

Julius-Malema6

Malema wéér toegang tot die VK geweier – AfriForum verwelkom die besluit

Gty3kIbWsAAix-H

ActionSA eis advokaat Shamila Batohi se verwydering uit haar amp

Ander Nuus Artikels

WAGWOORD
16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit
walter-sisulu-university
Amptenaar by universiteit doodgeskiet
CILLIERS5
Brink se hoed weer in die ring
Geld-1
Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen
paul-kruger-gate-786x416-1
Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende