Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Vermeende aanhitsers van Julie-onluste op borgtog vrygelaat

12 Augustus 2022

20 vermeende aanhitsers van die Julie 2021-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng het vanoggend in die landdroshof in Durban verskyn.

19 van die verdagtes is gister in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en een in die Vrystaat. Hulle staar onder meer aanklagte van aanhitsing tot openbare geweld en brandstigting in die gesig .

LEES OOK: VERSEKERINGSVERENIGING SÊ HY KAN NIÉ ‘N HERHALING VAN 2021-ONLUSTE BEKOSTIG NIE

Hulle is op borgtog van R3000 elk vrygelaat en moet op 26 Augustus weer in die hof verskyn.

Ná die 20 verdagtes se verskyning, het nog twee vermeende aanhitsers, afsonderlik in die hof verskyn. Hulle is ook op borgtog vrygelaat. Geen van die 22 verdagtes mag KwaZulu-Natal verlaat nie.

Die hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, generaal-majoor Lesetja Senona sê hulle verwag om binnekort nog mense in hegtenis te neem.

LEES OOK: RAMAPHOSA PRAAT VANAAND OOR ONLUSTE

Die ekonomie is in Julie verlede jaar tot ‘n stilstand geruk weens die onluste, wat die ekonomie met nagenoeg R50-miljard ingekrimp het. Dit het aanvanklik bestaan na die inhegtenisneming van oud-president Jacob Zuma. Meer as 350 mense is weens die onluste dood.

Volgens die Valke is Zuma se dogter, Duduzane nié een van die verdagtes wat vasgetrek is nie, en meen geen klag is verlede jaar teen haar aanhangig gemaak nie. Sy het openlik op haar Twitter-rekening mense tot geweld aangemoedig na die inhegtenisneming van haar pa.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.

Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Screenshot 2025-05-13 105216

68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

Ander Nuus Artikels

cyril17
Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”
The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The
“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”
Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende