4 Oktober 2022
Die Gelykheidshof het vandag verlof tot appèl toegestaan in die burgerregteorganisasie AfriForum se Kill the Boer-haatspraaksaak teen die EFF, Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi.
Dit volg nadat regter Edwin Molahlehi op 25 Augustus in die gelykheidshof bevind het dat dié strydlied nié haatspraak is nie.
LEES OOK: UITSPRAAK VOORBEHOU IN AFRIFORUM SE AANSOEK OM VERLOF TOT APPÈL IN HOFSAAK OOR “KILL THE BOER”
Volgens Molahlehi se uitspraak kon AfriForum nie bewys dat die lirieke van die strydlied ‘n duidelike bedoeling het om haat en geweld aan te hits nie.
“Vandag se beslissing is slegs ’n enkele tree vorentoe in AfriForum se groot stryd teen geweld aanhitsing teen boere en minderheidsgroepe. Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker ons verslaan hierdie gevaarlike, haatlike gedrag,” sê die veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, Ernst van Zyl.
AfriForum kan nou hierdie uitspraak in die appèlhof betwis.
𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯 𝐌𝐚𝐥𝐞𝐦𝐚
— AfriForum (@afriforum) October 4, 2022
Verlof tot appèl vir die "Kill the Boer"-haatspraaksaak is toegestaan.
Die stryd duur voort, steun ons saak hiér: https://t.co/z9s9Cx4YcV https://t.co/k8a3u443ye