Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

“Verlenging van Covid-19-toelaag niks meer as ’n verkiesingsfoefie nie,” sê AfriForum

1 Maart 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hy beskou die plan om die tydperk vir die uitbetaling van die omstrede R350 Covid-19 maatskaplike noodverligtingstoelae tot in 2024 te verleng as niks meer as ’n verkiesingsfoefie nie.

Die veldtogtebeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, Ernst van Zyl sê die organisasie hou vol dat die uitbetaling van hierdie toelae veral nie verleng moet word nie, aangesien dit ’n uitgawe is wat die regering eenvoudig nie kan bekostig nie.

Die organisasie het vandag skriftelike kommentaar oor die kwessie by die departement van maatskaplike ontwikkeling ingedien om hierdie plan teen te staan.

“Hierdie tekort is hoofsaaklik te wyte aan ’n oormaat staatsuitgawes, waarvoor daar geen fondse beskikbaar is nie as gevolg van faktore soos ongebreidelde korrupsie, spandabelrigheid en wanbestuur van fondse,” sê Van Zyl.

Hy meen die Covid-19-maatskaplike noodverligtingstoelaag van R350 per maand is een van hierdie oormatige uitgawes wat die regering eenvoudig nie kan bekostig om vir langer as die tydperk waarvoor dit bedoel was te betaal nie.

Van Zyl meen die toename in armoede en werkloosheid wat die afgelope paar jaar waargeneem is, het minder met die Covid-19-pandemie te doen gehad, en meer te doen met die regering se wisselvallige inperkingsbeleide en die korrupsie en plundering wat met hierdie beleide verband hou en ongestraf bly.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

Ander Nuus Artikels

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende