Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Verlate dorpies lei tot verlate drome

Nuuskommentaar: 26 Januarie 2023

Deur: Mari Oosthuizen

Die meeste mense het ouers, ooms en tannies of vriende wat in plattelandse gebiede woon. Die kans is ook goed dat jou heenkome nie in die stad is nie, en dat jy waarskynlik hierheen verhuis het op soek na ‘n beter toekoms.

Jy het waarskynlik grootgeword in ‘n klein dorpie êrens in die Noordwes-provinsie of die Vrystaat. Al was daar nie ‘n rolprentteater of groot winkelsentrum in jou jare daar nie, was die dorp veilig en was die paaie in ‘n redelike rybare toestand.

Dit is in hierdie dorpies waar jy suiker by jou buurman kon leen of in die strate met jou fiets ry, sonder dat jy in ‘n slaggat beland.

Die hartseer werklikheid is egter dat dit in die meeste dorpies in die land, nié meer die veilige, vreedsame woning is wat jy onthou as kind nie. Behalwe vir beurtkrag gaan die dorpe ook gereeld gebuk onder kragonderbrekings, wat die gevolg is van swak infrastruktuur, misdaad of wanbestuur.

In hierdie dorpe word gras nie gesny nie, daar is meer slaggate in die paaie as wat daar teer is en boonop ás daar water is, is dit bruin en ondrinkbaar. Munisipaliteite, poskantore, polisiestasies en kantore van die binnelandse sake-departement is vervalle en verrig verseker nie die dienste wat hulle moet nie.

Die afgelope paar dae is vele Suid-Afrikaanse dorpies geruk deur betogings oor swak dienslewering. Inwoners van Parys in die Vrystaat het verlede week verskeie ingange na die dorp versper met brandende bande en klippe weens hulle ontevredenheid met dienslewering.

Ook in Bethlehem in die Vrystaat het inwoners van die Bohlokong informele nedersetting betoog weens swak dienslewering. In Fochville is besigheidseienaars gemaan om eerder hulle winkels se deure te sluit weens betogings wat ook hier ontstaan het.

Hierdie betogings is om maar net ‘n paar voorbeelde te noem. Dit gebeur egter landswyd en op verskeie vlakke van geweld. Moet my nie verkeerd verstaan nie, geen betoging is geregverdigbaar nie, veral nie as privaat eiendom of munisipale infrastruktuur beskadig word nie.

As jy ‘n naasbestaande het wat in ‘n klein dorpie woon, sal jy egter die frustrasie, teleurstelling, hartseer en woede verstaan. Hierdie dorpies is vir so veel mense so veel meer as net ‘n stilhou plek op pad Durban toe. Dit is hier waar groot mylpale plaasgevind het. Skool herinneringe is hier gevestig en Saterdae-middae se speel in die openbare parkie.

Vir baie van ons is die stand van sake in die plattelandse gebied kommerwekkend omdat ons ouers nie noodwendig die keuse het om na die stad te verhuis nie. Ons moet in die platteland gaan kuier om weer met die werklikheid van agteruitgaan gekonfronteer te word.

Ja, stede het seker ‘n groter bydrae tot die ekonomie, maar wat van daardie tradisionele waardes en lesse wat in klein dorpies geleer is. Daardie hegte verhoudings wat met jou buurman gevorm is, die hekkies tussen grens mure kan nie noodwendig in die stad beleef word nie.

Is daardie lesse, waardes en mense dan nie ook geregtig op dieselfde aandag as wat daaraan stede gegee word nie?

Foto: Isolde Laesecke.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende