12 Desember 2024
Die N3-tolkonsessie sê hy verwag dat verkeersvolumes na Durban vanaf vanmiddag, 12 Desember, sal begin toeneem.
Volgens dié konsessie sal alle tolplaza-bane oop wees tydens spitsverkeerperiodes.
Owerhede het padgebruikers gewaarsku dat opeenhopings en vertragings waarskynlik kan voorkom wanneer verkeersvolumes hoog is.
Die bedryfshoof van die N3TC, Thania Dhoogra sê die meeste verkeer sal na verwagting in ‘n suidwaartse rigting reis, maar dat dit waarskynlik is dat die verkeer in die rigting van Johannesburg ook sal toeneem.