5 Julie 2021
Die drie beskuldigdes van die moord op ‘n hotel-eienaar van Pofadder in die Noord-Kaap, Leon Brits het vandag weer vlugtig in die landdroshof op dié dorp verskyn.
‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die provinsie sê die saak is nou na die Hooggeregshof op Upington oorgeplaas en die drie – ‘n vrou en twee mans – sal van 15 November tot 3 Desember daar verhoor word.

Brits is op 7 Oktober verlede jaar in sy huis op die dorp vermoor en sy liggaam is in die swembad gevind waar ‘n hondeketting om sy nek vasgemaak was.
Die staat voer aan dat die vrou die meesterbrein agter die moord is en dat die twee mans die moord op haar versoek help pleeg het.
Nóg ‘n man, Jacques van Vuuren, is reeds gevonnis vir sy aandeel in die moord nadat hy ‘n pleit-ooreenkoms met die staat aangegaan het.
Die drie verhoorafwagtendes bly in aanhouding.