Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Vergelding versus geregtigheid in 2023

Nuuskommentaar: 9 Januarie 2023

Deur: Alet Rademeyer

So aan die begin van ’n nuwe jaar hoop en glo almal dat dinge in die land beter sal gaan. Almal se wens en versugting is dat daar in die komende jaar meer geregtigheid, regverdigheid, verdraagsaamheid en wedersydse erkenning en respek vir mekaar en mekaar se omstandighede sal wees.

Dit is egter baie moeilik om te sê of ons dit gaan regkry. Aan die einde van verlede jaar was daar verskeie onaangename en selfs tragiese voorvalle wat mense om verskillende redes geskok en selfs gegrief gelaat het.

Die uiteindelike vrylating van die veroordeelde moordenaar Janusz Walus was een so ’n geval. Sy vrylating ná ’n beslissing deur hoofregter Raymond Zondo, dat hy ná baie pogings wel vir parool kwalifiseer, is gekelder toe ʼn medegevangene hom met ʼn skerp voorwerp in die tronk gesteek het. Daarna het politieke figure en partye geen geheim daarvan maak dat hul nie met Zondo se beslissing saamstem of dit aanvaar nie. Limpho Hani, weduwee van die SAKP-leier Chris Hani, wat in 1993 deur Walus doodgeskiet is, het gesê sy sal hom nooit vergewe nie. Kort daarna het lede van die EFF, Cosatu en die ANC die strate ingevaar om beswaar teen sy parool te maak terwyl Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, by meer as geleentheid teen Walus se parool en selfs die regstelsel uitgevaar het.

Rondom Kersfees is die land weer geruk deur twee verskillende insidente. ’n Trokdrywer het met ’n tenkwa vol vloeibare petroleumgas onder ’n brug in Boksburg deurgery wat ontplof, tot pandemonium gelei én 37 mense dood gelaat het. Hy is nie in hegtenis geneem nie omdat die vervolgingsgesag bevind het hy glo nie nalatig opgetree het nie. Maar wie het dan? Wie móét aanspreeklikheid vir hierdie tragedie aanvaar?

By die Maselspoort-vakansieoord buite Bloemfontein het ’n onderonsie tussen ’n groep wit mans en swart tienerseuns uitgebreek. Dit is tot op hede onduidelik oor presies wat daar afgespeel het. Die drie mans is egter gearresteer en een word van poging tot moord aangekla en is op borgtog van R20 000 vrygelaat. Die saak hervat vandeesmaand.

Hoe ’n mens ook al na die verskillende insidente kyk, is dit duidelik dat Suid-Afrikaners in vele opsigte op breekpunt is. Dit is asof daar toenemend eise vir vergelding eerder as kalm, rasionale denke is. Natuurlik is die konteks en omstandighede van die voorvalle nie dieselfde nie. Maar dieselfde beginsel behoort te geld, naamlik dat daar behoorlike ondersoeke moet wees en dat die reg sy verloop moet neem!

Maar dit is klaarblyklik hier waar die kinkel lê en die situasie by die dag versleg. Landsburgers voel daar is nie meer geregtigheid nie. Hul siening van geregtigheid verskil skynbaar hemelsbreed en diegene wat hulle oor dubbele standaarde uitspreek word as rassiste en as “anti-regering” gebrandmerk.

Waar laat dit ons in 2023? Waarskynlik nie op ’n goeie plek nie. En dit lyk of daar enorme eise aan gewone mense se geduld, verdraagsaamheid en selfs vergewensgesindheid gestel gaan word. Daar rus ’n reusetaak op elkeen van ons se skouers om die nuwe jaar met ’n gesindheid van verantwoordelikheid aan te pak. Ons kan nie omdat ons nie ’n regering het wat leiding in die verband neem, ook meegesleur word en deel van die anargie word nie. Te midde van die chaos het ons ’n duidelike plig om teen blatante rassisme, rassehaat én onreg op te staan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7

E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

Ander Nuus Artikels

ENOCH2
Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word
Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende