9 Februarie 2022
Die Pretoriase Vereniging vir Advokate wil hê dat advokaat Dali Mpofu uit die Regterlike Dienskommissie verwyder word.
Die Vereniging beskou Mpofu se gedrag tydens die onderhoude vir die hoofregterspos as onaanvaarbaar. Die Algemene Balieraad het intussen ook bevestig dat hy ‘n brief in dié verband van die Vereniging ontvang het.
Die Vereniging vra ook dat die Algemene Balieraad ‘n verklaring uitreik waarin die manier waarop die onderhoude gevoer is afgekeur word en dat die Balieraad homself daavan moet distansieer.
Die advokatevereniging sê Mpofu het homself aan “karaktermoord skuldig gemaak tydens die onderhoud met regter-president Dunstan Mlambo deur gerugte oor seksuele teistering te bespreek en dat hy die Dienskommissie en die beroep in onguns gebring het.”