25 Januarie 2023
Drie verdagtes, wat beskuldig word vir ‘n beweerde rasse-aanval wat op Kersdag by die Maselspoort-vakansieoord plaasgevind het, het vandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
‘n Video waarin die 48-jarige Kobus Klaassen, die 33-jarige Johan Nell en die die 47-jarige Jan van der Westhuizen glo handgemeen raak met twee swart seuns aan die rand van die vakansieoord se swembad, het groot reaksie ontlok.
Klaassen word van poging tot moord aangekla en is op twintigduisend rand borg vrygelaat. Nell en Van der Westhuizen het op aanklagte van aanranding en crimen injura verskyn en is beide op waarskuwing vrygelaat.
Die saak sal op 28 Februarie hervat word.