23 April 2021
Die polisie in Gauteng bied ‘n beloning aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes wat by die kantore van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se kantore in Parktown, Johannesburg ingebreek het.
Die verdagtes het met ‘n rekenaar en twee skerms gevlug na die inbraak verlede naweek.
Die polisie kon daarin slaag om foto’s van twee van die drie verdagtes van veiligheidskameras af te trek en vry te stel.
Die verdagtes was gewapen ten tyde van die inbraak. Lede van die publiek word dus aangeraai om hulle nie te konfronteer nie, maar om eerder die polisie by 079 694 6404 te skakel met enige inligting.