Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Verdagte in moord op Ficksburg-boer laat vaar sy borgtogaansoek

29 Mei 2023

Rudi Gericke, die veespekulant wat daarvan aangekla word dat hy ‘n boer van die Ficksburg-distrik, Evan Sourour, doodgeskiet het, het sy borgtogaansoek in die plaaslike landdroshof laat vaar.

Gericke, wat maande in die hospitaal was nadat hy self ook tydens die oor-en-weer-skietery gewond is, het die aansoek te midde van sterk teenstand uit die gemeenskap laat vaar.

‘n Aanlyn-petisie – wat daarop aandring dat hy in aanhouding bly hangende sy verhoor – het nagenoeg 14 000 handtekeninge opgelewer terwyl verskeie lede van die gemeenskap, boere en selfs minibus-taxibestuurders by sy vorige hofverskyning opgedaag het om beswaar aan te teken teen borgtog.

Sy regsverteenwoordiger, advokaat Willem Edeling, het aangevoer dat hulle nie verdere spanning van ‘n borgtogaansoek op Gericke wil plaas nie en eerder daarop sal fokus dat hy die beste moontlike behandeling in die tronk sal kry.

Gericke word tans in die gevangenis op Kroonstad aangehou en moet weer op 20 Junie in die hof verskyn.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende