Verdagte in hegtenis geneem, twee jaar ná die moord op geliefde dominee


Luister nou

Volgende

Verdagte in hegtenis geneem, twee jaar ná die moord op geliefde dominee

25 November 2023

Die burgerregteorganisasie, Action Society sê ‘n verdagte is in hegtenis geneem – twee jaar nadat dominee Liezel de Jager by haar huis in Amanzimtoti verwurg en vermoor is.

Die verdagte is in Bloemfontein deur ‘n span van die polisie se nasionale ondersoekeenheid vir onopgeloste sake in hegtenis geneem.

Action Society se direkteur vir gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron sê die verdagte is reeds sedert die begin van die ondersoek ‘n persoon van belang en is aan die familie bekend. De Jager se ouers, Henk en Salomé van Zyl het in Augustus verlede jaar Action Society genader om hulle by te staan in die ondersoek.

Die 38-jarige dominee van die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti se liggaam is op 13 Oktober 2021 deur haar man, Werner in die oprit van die pastorie gevind. 

Volgens Cameron sal die verdagte Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn.

Cameron het in ‘n plasing op sy X-profiel (voorheen bekend as Twitter) gesê sy organisasie is dankbaar vir die polisie se eenheid vir onopgeloste sake vir die vordering wat hulle in die saak gemaak het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.

Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Screenshot 2025-05-13 105216

68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

Ander Nuus Artikels

cyril17
Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”
The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The
“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”
Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Verdagte in hegtenis geneem, twee jaar ná die moord op geliefde dominee


Luister nou

Volgende