27 September 2021
Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op die departement van gesondheid se finansiële beampte, Babita Deokaran, trek na bewering steeds ‘n salaris van ‘n munisipaliteit in KwaZulu-Natal.

Die 27-jarige Sanele Mbhele werk by die distriksmunisipaliteit in Estcourt, en word nog elke maand betaal, al was hy in Maart vanjaar laas op sy pos.
Die munisipale bestuurder sê hulle oorweeg nou dissiplinêre optrede teen Mbhele.
Mbhele het glo saam met vyf ander verdagtes vir maande lank vir Deokaran agtervolg, en haar verlede maand buite haar huis in Mondeor in die suide van Johannesburg doodgeskiet.
Deokaran was ‘n getuie in die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) se ondersoek na bedrog en korrupsie met betrekking tot persoonlike beskermende toerusting by die departement van gesondheid.
Stem vir die Aitsa’s