22 November 2023
Suid-Afrika se jaarlikse inflasie het in Oktober tot sy hoogste vlak in vyf maande gestyg, maar kenners is van mening dat dit nie noodwendig die Resewebank se monitêre beleidskomitee sal laat besluit om rentekoerse te verhoog nie, aangesien die verhoging waarskynlik tydelik van aard is.
In Oktober is die verbruikersprysindeks op 5,9% gemeet teenoor 5,4% in September.
Dié syfer – wat vandag deur Statistiek Suid-Afrika (SSA) uitgereik is – is hoër as die gemiddelde vooruitskatting van 5,6% – wat deur negentien ekonome in ‘n Bloomberg-peiling voorspel is.
Terwyl inflasie verder wegbeweeg het van die middelpunt van die sentrale bank se 3% tot 6% teikenband – waar hy verkies om verwagtinge te anker – kan laer oliepryse en die rand se gemiddelde verstewiging teen die dollar sedert die monetêrebeleidskomitee laas op 21 September vergader het, prysgroeiverwagtinge in die komende maande.
Volgens SSA is dit veral die stygende voedsel- en drankpryse wat in Oktober met 8,7% op ’n jaargrondslag gestyg het, wat waarskynlik tot die hoër verbruikersprysinflasie gelei het.