19 Augustus 2022
Japan se regering het met ‘n veldtog begin om sy jongmense aan te moedig om meer alkohol te koop en te gebruik om die ekonomie ’n hupstoot te gee.
Volgens die regering drink die jeug in Japan minder alkohol as hulle ouers, wat ‘n uitwerking het op die belasting op alkohol, soos die land se bekende nasionale drankie, Sake, wat ‘n ryswyn is.
Om drankverbruik aan te moedig het die regering ‘n nasionale veldtog, “Sake Viva!” op die been gebring. As deel van die veldtog is ‘n kompetisie begin, waarin mense tussen 20- en 39 jaar oud met idees vorendag kan kom om hulle portuurgroep aan te moedig om meer drank soos Sake, whiskey, bier en wyn te drink.
Volgens rolspelers in die drankbedryf het die Covid-19-pandemie ‘n uitwerking op alkohol-verkope in Japan gehad. Belasting op alkoholprodukte het in 1980, 5% van die totale inkomste uitgemaak. Dit het in 2020 egter gedaal tot slegs 1,7%.
Die “Sake Viva!”-veldtog vind tot 9 September plaas.
Volgens die veldtog se webblad het die gemiddelde ouderdom van Japan se bevolking ook ‘n uitwerking op die hoeveelheid alkohol wat verkoop word.