10 Maart 2022
‘n Foto van ‘n groot, geslote hek op Virginia Strand in Durban het sosiale media aan die gons, met sommige mense wat wonder of hierdie ‘n vroeë gekkedag grappie is.

Die woordvoerder van die eThekwini-metro, Msawakhe Mayisela het egter aan Pretoria FM bevestig dat dié hek wél voor ‘n pier by die strand geplaas is as voorkomingsmaatreël.
Hy sê talle vissermanne vang vis vanaf die pier en omdat hulle dikwels onder die invloed van drank is “val hulle oor die relings en verdrink.”
Wat dié hek egter so belaglik maak is die feit dat daar géén mure rondom die hek is nie.
Volgens Mayisela sal die hek na verwagting deur die loop van die dag verwyder word en met waarskuwingstekens vervang word.
Hy het benadruk dat swem by dié strand nie toelaatbaar is nie.