“Vee BELA-wetsontwerp uit, eis AfriForum Jeug met “donkieborde” om die nek”


Luister nou

Volgende

“Vee BELA-wetsontwerp uit, eis AfriForum Jeug met “donkieborde” om die nek”

15 April 2024

Lede van AfriForum Jeug het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die omstrede wysigingswetsontwerp op basiese onderwyswette, oftewel die BELA-wet te skrap. 

As simbool van die uitwissing waarop aangedring word, het lede van die jeugorganisasie met swartboorde met die woorde: I am a donkey en ‘n groot uitveër vanoggend na die Uniegebou opgeruk. 

AfriForum Jeug se woordvoerder, Louis Boshoff sê hulle het ook ‘n memorandum aan Ramaphosa gerig waarin die organisasie hul teenkanting teen die wetsontwerp uiteensit. 

Volgens AfriForum Jeug herinner die BELA-wetsontwerp aan die verengelsingsbeleid wat Britse owerhede kort ná die Anglo-Boereoorlog in skole toegepas het. As deel van dié beleid is kinders verneder indien hulle Afrikaans by die skool gepraat het.

Boshoff sê die organisasie voer ondermeer in die memorandum aan dat die BELA-wetsontwerp ’n direkte aanval op moedertaalonderrig in die algemeen is, en ’n indirekte aanval op Afrikaans as onderrigtaal. Hy meen indien die wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar sou word, sal die toepassing daarvan op kulturele etniese suiwering neerkom.

Hy sê die BELA-wetsontwerp laat Afrikaanse jongmense warm onder die kraag.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

“Vee BELA-wetsontwerp uit, eis AfriForum Jeug met “donkieborde” om die nek”


Luister nou

Volgende