“VBS-skandaal erger as Phala-Pala” – DA


Luister nou

Volgende

“VBS-skandaal erger as Phala-Pala” – DA

18 Julie 2024

Indien die Phala Phala-aangeleentheid nou in die parlement sou opduik, sal die DA hom agter president Cyril Ramaphosa skaar.

Volgens die leier van die DA, John Steenhuisen, verdwerg die VBS-skandaal – waarby die EFF-leiers, Julius Malema en Floyd Shivambu betrek word – die Phala Phala-kwessie.

Steenhuisen sê die DA sal eerder sy kans met Ramaphosa vat as om die EFF die geleentheid te gee om die regering – waarvan die DA onder die RNE deel vorm – tot ‘n val te bring.

Volgens Steenhuisen sal hulle die Phala Phala-aangeleentheid hanteer, afhangende van die vorm waarin dit in die Parlement opduik. Phala Phala is in die kollig gewerp nadat daar meer as ‘n halfmiljoen dollar uit ‘n rusbank op die president se Bosveldplaas gesteel is.

Die Grondwethof het die EFF tot Vrydag kans gegee om sy hofstukke in te dien waarin hy vra dat die land se hoogste hof die parlement se vroeëre verwerping van ‘n onafhanklike paneel se verslag oor dié aangeleentheid, ter syde stel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

“VBS-skandaal erger as Phala-Pala” – DA


Luister nou

Volgende