Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

VBS: “Minister van justisie kan nie in haar pos aanbly nie,” sê DA

6 September 2024

Die DA sê die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling, Thembi Simelane kan nie in die pos bly terwyl daar ondersoek ingestel word oor haar beweerde betrokkenheid by die VBS-skandaal nie. 

Die DA-LP, advokaat Glynnis Breytenbach het voor die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en staatkundige ontwikkeling gesê indien Simelane in die pos bly is dit botsende belange aangesien sy as minister ‘n invloed op die Nasionale Vervolgingsgesag het. 

LEES OOK: Minister moet voor die ANC se integriteitskommissie verskyn oor VBS-skandaal

Dit het vroeër aan die lig gekom dat Simelane na bewering ‘n sogenaamde lening van meer as R570 00 van Gundo Wealth Solutions ontvang het om ’n koffiewinkel te koop.

Sy was toe die burgemeester van die Polokwane-munisipaliteit, wat R394-miljoen in die VBS Bank belê het. VBS het glo omkoopgeld aan Gundo betaal.

LEES OOK: Ramaphosa eis antwoorde by minister oor VBS

Simelane het erken dat sy ’n lening van R575 600 ontvang het, maar hou vol dat sy die bedrag plus rente, van R250 000 terugbetaal het. Drie terugbetalings het tussen 1 Oktober 2020 en Januarie 2021 geskied.

https://twitter.com/Our_DA/status/1831995610016432337

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende