Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Vandale verwoes Koster-Poskantoor

13 Maart 2024

Daar is byna niks oor van die Poskantoor in Koster in Noordwes nie.

Dié betrokke Poskantoor het, soos baie ander takke in ander dorpe, in Desember 2023 sy dienste opgeskort, en sedertdien staan die gebou leeg. ‘n Besoek vanoggend deur raadslede en ander rolspelers het egter ‘n ander prentjie geskets.

Die gebou is deur vandale geteiken, beskadig en geplunder. In ‘n video wat op sosiale media versprei is kan gesien word hoe dele van die plafon, die deure en deurkosyne, deurknoppe, vensters en ander infrastruktuur beskadig is, en verwyder is.

Volgens ‘n VF Plus-raadslid in die Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit, Stella Potgieter word die oorspronklike poshokkies nou selfs uitmekaar gebreek.

Die plundering is glo nie deur die Poskantoor aangemeld nie, en het eers gister onder die polisie se aandag gekom nadat ‘n petroljoggie by ‘n vulstasie oorkant die gebou die plundering besigtig het.

Volgens Potgieter is regsverteenwoordigers nou besig met die proses om ‘n bewaringsbevel te bekom sodat die dela van die gebou, wat nog bestaan beskerm kan word. Sy sê die gebou is ‘n belangrike deel van Koster se geskiedenis omdat die gebou 111 jaar gelede rondom landbou en die posdiens ontstaan het.

“Daar was ‘n groot, hout sorteringstafel in die gebou wat nie deur enige van die deure kon pas nie. Selfs daardie tafel is weg. Al wat feitelik oor is, is ‘n staankas en ses brandkluise.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Ander Nuus Artikels

Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap
Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende