Van Zyl-plaasmoord: VF Plus verwelkom hofuitspraak


Luister nou

Volgende

Van Zyl-plaasmoord: VF Plus verwelkom hofuitspraak

26 Augustus 2021

Die VF Plus sê hy verwelkom die uitspraak van Limpopo se hooggeregshof in Polokwane/ Pietersburg wat twee lewenslange vonnisse aan Mpho Mbuyane opgelê het vir die dubbele moord op die egpaar Piet en Tilla van Zyl.

Die egpaar is op 20 Augustus 2017 op hul wildsplaas Kalkpoort buite Zebediela in die Immerpan-distrik vermoor.

Mbuyane is ʼn verdere 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir huisroof.

Die VF Plus se lid van die provinsiale wetgewer in Limpopo asook die provinsiale leier, Marcelle Maritz het namens die party die onderskeie wetstoepassers bedank vir hulle harde en onvermoeide werk wat tot die inhegtenisneming van Mbuyane gelei het.

“Hierdie is ʼn bewys dat die samewerking tussen die polisie, die gemeenskap, private sekuriteitsmaatskappye en die howe belangrik is om die euwel van plaasaanvalle en -moorde uit te roei.”

Die VF Plus spreek sy hoop uit dat die swaar strawwe wat howe aan sulke oortreders oplê, sal dien as afskrikmiddel vir ander wat soortgelyk misdade beplan.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Van Zyl-plaasmoord: VF Plus verwelkom hofuitspraak


Luister nou

Volgende