Valke tevrede met sy suksesse in die 2de kwartaal van 2023/2024


Luister nou

Volgende

Valke tevrede met sy suksesse in die 2de kwartaal van 2023/2024

23 November 2023

Die Valke het in die tweede kwartaal van die 2023/2024-boekjaar 791 individue en tien regspersone in hegtenis geneem vir ondermeer vyf nasionale prioriteitsmisdrywe.

Die Nasionale Hoof van die Valke, luitenant-generaal Godfrey Lebeya en ander bestuurslede van die Valke het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou waartydens hulle die Valke se suksesse en mislukkings vir die tweede kwartaal van die 2023/2024-boekjaar bekend gemaak het.

Volgens Lebeya is 570 van die individue wat in hegtenis geneem is Suid-Afrikaners en is 221 buitelandse burgers, insluitend Zimbabwiërs, Chinese en persone van Mosambiek .

173 mense is in hegtenis geneem vir bedrog, 172 is vas vir die onwettige myning in metale en diamante, 52 verdagtes is in hegtenis geneem weens die besit en handel in dwelms, 48 mense is vasgetrek in verband met transitorooftogte en 37 vir korrupsie.

Lebeya het in sy verslag ‘n uiteensetting gegee van verskeie hoë prioriteitsmisdade en hoe dit ondersoek is.

Moorde op polisiebeamptes:

35 polisiebemaptes is in die tweede kwartaal van 2023/2024 vermoor. 37 mense is in hegtenis geneem, alhoewel tien van die verdagtes in hegtenis geneem is weens moorde wat in vorige kwartale gepleeg is.

Tien van die verdagtes is reeds veroordeel en gevonnis. Van die tien mense, is vyf van die verdagtes tot ‘n gesamentlike 10 lewenslange gevangenisstraf vonnisse opgelê, wat neerkom op ‘n totaal van 391 jaar tronkstraf.

Onwettige mynbedrywighede:

172 verdagtes is in hegtenis geneem in verband met onwettige mynaktiwiteite wat die besit van en handel met metale en diamante insluit. In een geval is ‘n Chinese burger, en vier mede-mynwerkers in Polokwane (Pietersburg) in Limpopo in hegtenis geneem. Die Valke het beslag gelê op chroom en voertuie wat gebruik is.

Die 48-jarige Chinese burger, Cheng Liang Tom Chen is gevonnis tot ‘n boete van R80 000 of twee jaar gevangenisstraf.

Dwelmhandel:

In die tweede kwartaal het die Valke beslag gelê op dwelms en dwelm-laboratoriums ter waarde van meer as R11 000 000. 52 mense is in hegtenis geneem waarvan 30 Suid-Afrikaners en 22 buitelanders.

In een geval is die 69-jarige Mosambiekse landsburger, Lewis Johnson in 2020 in die Noord-Kaap vasgetrek . 12,6 kilogram se tik ter waarde van byna R4 000 000 is in sy besit gevind. Hy is in Julie vanjaar tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Transitorooftogte

Die Valke meen hulle is uiters bekommerd oor die voorkoms van transitorooftogte omdat dit die land duur te staan kom. 48 mense is in hegtenis geneem, en twee mense is veroordeel en sal binnekort gevonnis word.

Sien die volledige verslag hier:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Valke tevrede met sy suksesse in die 2de kwartaal van 2023/2024


Luister nou

Volgende