8 Oktober 2021
Die Valke het nou met ‘n ondersoek begin na die omstrede R15-miljoen “stadion” buite Komani wat deur die Enoch Mgijima munisipaliteit in die Oos-Kaap gebou is.
Die wenkbroue het hoog gelig tot dié stadion vandeesweek geopen is met slegs ‘n paar metaal pawiljoene en ‘n sportveld vol bulte.
‘n Woordvoerder vir die munisipaliteit Lonwabo Kowa het vroeër vandeesweek gesê dat die uitgawe heeltemal geregverdig kan word. Hy beweer dat die geld nie net bestee is op wat in foto’s gesien kan word nie, maar ook op geotegniese ondersoeke en geohidrologiese toetse om te bepaal of die terrein geskik is.
‘n Woordvoerder vir die Valke, Brigadier Brig Nomthandazo Mbambo sê die ondersoek is nog in sy kinderskoene. Hy sê sodra meer inligting beskikbaar word, sal ‘n verslag openbaar gemaak word.
Intussen het die LUR vir samewerkende regering in die Oos-Kaap, Xolile Nqatha ook ‘n ondersoek na die projek aangevra.
#R15Million are the Hawks already in town?#EnochMgijima #EasternCape pic.twitter.com/sKpPmG3NWC
— Unathi Sonwabile Henama (@UnathiHenama) October 7, 2021
Stem vir die Aitsa’s