Die Parlement het gehoor dat die Valke tot dusver slegs vier sake kon ondersoek wat voortspruit uit die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping – wat belastingbetalers ongeveer R1-miljard gekos het.
Die Valke se afdelingshoof, Patrick Mbotho het aan die staande komitee oor openbare rekeninge gesê dat dié eenheid tans teen die helfte van sy kapasiteit moet klaarkom omdat hy te min personeel het.
Dit kom nadat verskeie kommentators hul kommer uitgespreek het omdat sake van die Spesiale Ondersoekeenheid – wat die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag betrek – nie tot ‘n punt kom nie.
Van die sake wat deur die staatskapingskommissie uitgewys is vir moontlike vervolging is twee tans voor die hof, een is reeds met ‘n skuldigbevinding afgehandel en een word nog ondersoek.
One Response
Jaag AL die Anc weg.
Dat Ons oor stem
Ons kry almal Baie swaar in die Land ek is n pensionaris. Wat geen subsidie eers V medies kry nie…. En Hul steel voor… Hul Kan nie na ons mense om sien nie. Nee