Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Valke onderskep “onregtmatige” betaling van Welkom-munisipaliteit aan veiligheidsmaatskappy

31 Julie 2023

Die Valke het ‘n betaling van R23-miljoen van ‘n Vrystaatse munisipaliteit aan ‘n veiligheidsmaatskappy gekeer – nadat daar sprake was van bedrog, korrupsie en die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.

Lede van die Valke se span wat klagtes van ernstige korrupsie in Welkom ondersoek is gevra om die moontlike verontagsaming van verkrygingsreëls te ondersoek – wat met die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit se aanstelling van die maatskappy verband hou.

Volgens ‘n woordvoerder van die Vrystaatse Valke, luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli, het ondersoeke aan die lig gebring dat die maatskappy sonder ‘n kontrak aangestel is.

Mohobeleli sê slegs ‘n aanstellingsbrief is gevind – wat bevestig dat die sekuriteitsmaatskappy vir ‘n tydperk van drie maande aangestel sou word – en dat die maatskappy na meer as twee jaar steeds vir die munisipaliteit werk.

Dié sekuriteitsmaatskappy is tot dusver sowat R26-miljoen deur die munisipaliteit betaal.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

Ander Nuus Artikels

South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende