3 Junie 2021
Die Valke het gister suiwer kokaïen ter waarde van R400 miljoen, wat in ‘n skiboot weggesteek is gekry toe hulle ‘n motoris in ‘n bakkie op die N1 in Pretoria voorgekeer het.
Die 39-jarige man wat die bakkie bestuur het, is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Lede van die Valke en die polisie het die man by die R21/N1-wissellaar, rigting noord, voorgekeer.
Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale sê lede het beslag gelê op 800 kg se saamgeperste suiwer kokaïen. Volgens hom kan nog mense in hegtenis geneem word.