16 Maart 2023
‘n Grootskaalse soektog is van stapel laat loop nadat ‘n vrou van Gqeberha/Port Elizabeth, Riana Pretorius, vermoedelik by haar werksplek ontvoer is.
Volgens berigte is Pretorius – ‘n biokinetikus – in een van dié stad se besigste strate, Pickeringstraat, gegryp en in ‘n voertuig gedwing.
Die motor wat tydens die ontvoering gebruik is naby Deal Party voorgekeer en een verdagte word oor die voorval ondervra.
Volgens die polisie se kolonel Priscilla Naidu het die Valke die ondersoek oorgeneem.