7 Desember 2022
Die Valke in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die publiek om nie vals ontvoeringsake aan te meld nie.
Volgens die woordvoerder van die Valke, Zinzi Hani, is die Valke se kommer hieroor aangewakker deur ‘n slenter wat beweer het dat ‘n buitelander ontvoer is.
Nadat die Valke ondersoek ingestel het, het hulle bevind dat dié persoon wat na bewering ontvoer is, nie in die afgelope drie maande na Suid-Afrika gereis het nie.
Volgens Hani het die beweerde slagoffer se familie die klaer ingelig dat dit net ‘n grap was en dat die persoon veilig is.
Hani sê dié tipe slenters vermors polisiehulpbronne wat beter gebruik kon word om misdaad te bekamp.