Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Valke: 63 mense in drie maande gevonnis vir bedrog

19 Februarie 2024

“Weens die harde werk en deursettingsvermoë van Valke-lede kon verskeie nasionale prioriteitsmisdade opgelos word.”

Dit volgens die hoof van die Valke, luitenant-generaal Godfrey Lebeya, wat vanoggend ‘n mediakonferensie gehou het oor die Valke se prestasie tydens die derde kwartaal, wat strek tussen Oktober en Desember van 2023.

Hy sê in hierdie tydperk is 705 individue en 19 ondernemings vasgetrek vir verskeie misdade.

229 van dié groep is reeds skuldig bevind en gevonnis. Bedrog het bygedra tot die meeste skuldigbevindings. Die onwettige handeldryf met edelmetale en diamante het die tweede meeste skuldigbevindings, gevolg deur geldwassery.

Lebeya het die fokus ook geplaas op die Valke se ondersoek van aanvalle teenoor polisiebeamptes. Gedurende die tydperk is 22 polisiebeamptes vermoor, en het die Valke 12 mense in hegtenis geneem.

Drie van hierde mense is reeds skuldig bevind en gevonnis.

‘n Tweede besprekingspunt was misdade teenoor die staat, wat die 2021-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng insluit. Volgens Lebeya is een van die opstokers in hegtenis geneem en gevonnis. Dit na aanleiding van ‘n video wat versprei is waarin mense aangemoedig is om die “Brookside-inkopiesentrum in Pietermaritzburg af te brand.”

Hy sê die persoon wat die video geskep het, Mdumiseni Khetha Zuma is in Augustus 2021 in hegtenis geneem. Die 36-jarige Zuma is in November verlede jaar tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Volgens Lebeya het al 65 vermeende aanhitsers reeds in die hof verskyn op aanklagte van die aanhitsing tot geweld, en terreur is onlangs tot die klagstaat gevoeg.

Al die verdagtes is op borgtog vrygelaat en die saak duur op 8 April voort.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende