8 November 2022
Die Suid-Afrikaanse Polisievakbond, SAPU het uitgevaar teen die minister van polisie Bheki Cele, wat verlede week gesê het dat polisielede nie die feesseisoen verlof sal kan neem nie.
Cele het verlede week gesê alle polisielede sal tussen 15 Desember en 31 Januarie aan diens wees, tydens die Veiliger Feesseisoen-veldtog.
SAPU sê Cele het nie die mag om arbeidsvoorwaardes te verander of af te dwing nie.
Die vakbond het ook ‘n beroep op die nasionale polisiekommisaris Fanie Masemola gedoen om nie onder druk te swig en polisielede se verlof te kanselleer nie.
SAPU sê in ‘n verklaring dat alle beamptes wat verlof geneem steeds hulle verlof sal behou.
Foto: Lirandzu Themba (Twitter)
#SAPUCARES
— SAPU (@wearesapu) November 7, 2022
Police will go on leave during December.
Be rest assured pic.twitter.com/WyjIFyNsEX