30 Januarie 2023
Lede van die mediese vakbond, SAMATU, het die regering versoek om fondse aan die departement van gesondheid toe te wys om dit in staat te stel om meer dokters in diens te neem.
Lede van SAMATU het in vier provinsies betoog in ‘n poging om die lot van werklose dokters uit te lig.
Hulle sê sommige openbare gesondheidsorgfasiliteite werk met kernpersoneel, wat die kwaliteit van mediese sorg aan pasiënte negatief beïnvloed, en veroorsaak dat die personeel uitbrand.
Op sý beurt het die departement se adjunk-direkteur-generaal, Percy Mahlathi gesê hulle benodig dokters in die openbare gesondheidsektor, maar hulle is afhanklik van die begroting wat deur die Nasionale Tesourie aan die provinsies toegewys word.