29 Julie 2022
Ayanda Zulu, die provinsiale sekretaris van die nasionale onderwys-, gesondheids- en aanverwante vakbond, Nehawu, het haar skok uitgespreek oor die omstandighede wat hulle tydens ‘n oorsigbesoek by die Phoenix- staatslykshuis aangetref het.

Volgens Zulu is daar meer liggame as waarvoor die lykshuis plek het en word die oorskot van oorledenes op die vloer gepak.
Sy sê enkele van die liggame, wat nog nie uitgeken is nie, is reeds van verlede jaar af – na afloop van die grootskaalse geweldpleging in dié provinsie – by dié lykshuis.
Daar is glo ook nie genoeg ontsmetmiddel nie en van die dreine binne die gebou is na bewering die afgelope paar maande verstop.
Die vakbond het die oorsig-besoek gebring nadat sy lede gekla het oor die onhigiëniese toestande waaronder hulle by dié instansie moet werk.