28 Desember 2021
Die Vaaldam is vol en die Departement van Water en Sanitasie het besluit om een van die dam se sluise oop te maak.
Die Vaaldam was vanoggend meer as 107% vol na volgehoue reën in sy opvanggebied.
Volgens die Departement sal nog ‘n sluis oopgemaak word indien dit aanhou reën.
Boere an gemeenskappe afwaarts van die dam word gewaarsku om hul toerusting te verwyder en om te verseker dat niemand ‘n kans wag om laagwaterbrûe oor te steek nie.