Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

UP besig met ondersoek na EFF-lede “Kill the Boer” sing

16 Oktober 2024

Die Universiteit van Pretoria sê hy sal ondersoek instel na klagtes van rassisme oor ‘n lesing wat die leier van die EFF, Julius Malema, by sy Hatfield-kampus gelewer het.

Dit kom nadat die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald sy ontevredenheid uitgespreek het omdat die omstrede lied, “Kill the Boer” tydens dié lesing gesing is.

‘n Woordvoerder van die universiteit, Sashlin Girraj sê dié instelling keur enige vorm van aanhitsing tot geweld, diskriminasie of rassisme by enige van sy kampusse af.

Girraj sê dat die genoemde optrede indruis teen die waardes van die universiteit terwyl daar gepoog word om ‘n veilige omgewing te skep vir alle besoekers, personeel en studente.

Nog ‘n woorvoerder, Rikus Delport het aan Pretoria FM gesê dat die UP dit duidelik wil maak dat die universiteit nié sal skroom om op te tree teen enige individu of groep wat die universiteit se beleid en reëls oortree nie. “Enige persoon wat betrokke is by gedrag wat ons samelewing benadeel of skade aandoen, sal ingevolge die universiteit se dissiplinêre prosedures verantwoordelik gehou word.”

Delport sê dit is ook belangrik om te onthou dat dit nie ontwettig is vir enige politieke organisasie om studente toe te spreek nie.

https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1844831809370239393

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende