6 Oktober 2023
Die Universiteit van Suid-Afrika, UNISA het ‘n hofinterdik teen die minister van Hoër Onderwys, wetenskap en tegnologie Blade Nzimande bekom waarvolgens hy nié die universiteit onder administrasie mag plaas nie.
Nzimande sou vandag sy finale besluit bekend maak nadat ‘n verslag van ‘n onafhanklike assessor, prof Themba Mosia en ‘n ministeriële taakspan finansiële en ander wanadministrasie van ‘n ernstige aard onthul het.
Nzimande het ‘n paar weke gelede ‘n ernstige waarskuwing aan die UNISA-raad gerig waarin hy hulle sewe dae gegee het om redes te verskaf waarom die universiteit nie onder administrasie geplaas moet word nie.
Dit blyk egter dat ondanks die waarskuwing geen substantiewe vordering deur die Raad bereik is nie.