26 Junie 2023
Die Universiteit van Suid-Afrika, oftewel Unisa vier vandag – 26 Junie 2023 – sy 150ste bestaansjaar.
Volgens die universiteit se woordvoerder, Tommy Huma gaan hulle vandag ‘n groot feesviering hou by die Muckleneuck-kampus in Pretoria. Die voormalige president, Thabo Mbeki wat ook ‘n kansellier by Unisa was sal die geleentheid bywoon.
Ander voormalige kanselliers en voorsitters sal ook daar wees. Die minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, Blade Nzimande sal ‘n toespraak lewer.
“Hierdie geleentheid sal veral fokus op die universiteit se ryk geskiedenis,” sê Huma. Dit kom te midde van bewerings van wanadministrasie by Unisa. Die vise-kansellier, Puleng LenkaBula het na bewering oorbestee aan opknappings by haar privaat woning ter waarde van R2-miljoen.