Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Umalusi vol vertroue dat 2023 se matriekeindeksamen vlot sal verloop

13 Oktober 2023

Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, oftewel Umalusi het verklaar dat 2023 se matriekeindeksamen voort kan gaan.

921 000 matriekleerlings sal aan vanjaar se eksamen deelneem wat op30 Oktober begin. Dit sal op 5 Desember klaarmaak.

Die raad is veral gepols oor beurtkrag en watter voorbereiding getref is sodat beurtkrag nie die eksamens ontwrig nie. Die uitvoerende hoof van Umalusi, Mafu Rakometsi het tydens die konferensie gesê dat hulle ‘n beroep op skole gedoen het om seker te maak dat daar alternatiewe reëlings is, sou beurtkrag ingestel word.

Hy het ook ‘n beroep op Eskom gedoen om die matriekeindeksamen in gedagte te hou. Hy het verder gesê dat daar ernstig opgetree sal word teen enige leerling wat tydens die eksamen kul. In die verlede is só ‘n leerling se punte weggeneem en verbied om vir ‘n jaar of twee weer die eksamen af te lê.

Rakometsi het ook ‘n streng waarskuwing aan onderwysers gerig indien hulle vraestelle laat uitlek.

Die uitslae sal op 15 Januarie 2024 bekend gemaak word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

494176549_678769244799837_2127636851668020320_n

Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer

South Africa Scandal Explainer

Phala Phala: Saak tot September uitgestel

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf

Gq_5ZqlXwAA4loq

John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

Ander Nuus Artikels

School,Classroom,With,Blackboard
Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling
Gwede2-1
Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik
ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM
Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”
494176549_678769244799837_2127636851668020320_n
Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer
South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende