15 Januarie 2024
Die hoof van Umalusi, Mafu Rakometsi, sê die 2023-matriekuitslae is nie gekompromitteer wat integriteit betref nie.
Dié aankondiging deur die Gehalteraad vir Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding kom op die vooraand van die uitreiking van die matriekuitslae.
Rakometsi sê hoewel die uitslae in sy geheel aanvaarbaar is, was daar wel sommige probleme wat kop uitgesteek het.
Enkele kwelpunte wat uitgelig is sluit die drukgehale en drukfoute op vraestelle, voorvalle van ongeregistreerde eksamensentrums en vertaalfoute in.
Geen vraestelle het uitgelek nie en hoewel daar ‘n afname in gevalle van afskrywery was, word 945 matrikulante hiervoor ondersoek. Verder het die raad aangekondig dat 11 verdagtes in hegtenis geneem is weens die verkoop van vervalste matrieksertifikate.
Die onafhanklike eksamenraad het ook die uitslae goedgekeur.