Umalusi gereed vir 2021 se matriekeindeksamen


Luister nou

Volgende

Umalusi gereed vir 2021 se matriekeindeksamen

15 Oktober 2021

Die raad vir gehalte in onderwys, Umalusi sê hul is gereed vir 2021 se matriekeindeksamen wat op 27 Oktober begin en tot 7 Desember sal duur.

Die uitvoerende hoof van Umalusi, dr. Mafu Rakometsi het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê dat streng veiligheidsmaatreëls ingestel is om seker te maak dat géén vraestelle soos verlede jaar uitlek nie. Hy sê net soos verlede jaar het die Covid-19-pandemie weer vir sekere uitdagings gesorg met die beplanning vir vanjaar se eksamen.

Volgens Rakometsi is een van die grootste uitdagings die hoeveelheid onderrigtyd, wat verlore gegaan het weens die pandemie en die hoeveelheid druk wat dit op onderwysers en leerlinge plaas.

Hy sê hoewel Umalusi opmerk dat aanlyn-onderrig grootliks goed gewerk het te midde van die pandemie, kan eksamens nog nie op hierdie manier geskied nie. Hy het ook ‘n beroep op skole gedoen om seker te maak oor hul gebiede se beurtkrag skedules en om alternatiewe reëlings te tref indien beurtkrag wel ingestel moet word terwyl eksamens geskryf word.

Vanjaar sal 897 786 kandidate, waarvan 735 677 voltyds en 162 109 deeltyds die eksamen in 11 308 eksamenlokale aflê.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Umalusi gereed vir 2021 se matriekeindeksamen


Luister nou

Volgende