20 Oktober 2023
Die maatskappy Tiger Brands het sy uitvoerende hoof, Noel Doyle gevra om opsy te staan.
Dit volg nadat Doyle drie jaar gelede as die maatskappy se uitvoerende hoof aangestel is.
Volgens ‘n verklaring het die direksie – ná sy jaarlikse hersiening van die maatskappy se strategie – tot die gevolgtrekking gekom, dat nuwe leierskap nodig is om op die uitdagings wat die maatskappy tans beleef, te reageer.
Doyle bedank ook as direkteur, maar sal tot einde Maart volgende jaar beskikbaar wees om met die oorgang te help.
Tjaart Kruger is as Doyle se opvolger aangewys en het ‘n kontrak van ses-en-twintig maande onderteken, terwyl die maatskappy nou met ‘n proses gaan begin om ‘n meer permanente opvolger te vind.