22 Februarie 2022
Uitspraak is voorbehou in die hofaansoeke wat die geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule se regspan vandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof gebring het.
Magashule staar saam met ander beskuldigdes aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in die gesig, in verband met die omstrede Vrystaatse asbesdak-ouditprojek. Dié projek het die provinsie R255-miljoen gekos, maar die werk is glo nooit voltooi nie.
Magashule, wat toe die premier was sê hy was nie deel van die uitvoerende gesag nie en meen die aanklagte teen hom behoort teruggetrek te word.
Sy regspan het ook aangevoer dat die regte prosedures nie gevolg is toe Magashule in hegtenis geneem is nie. Hy het vanoggend buite die hof gesê dat hy nie bekommerd is ook die saak nie omdat hy niks verkeerd gedoen het nie.
SG Ace Magashule tells the media to stop twisting issues and to do their job right by asking questions that have to do with actual matters being heard in court and not rumours. #AceMagashule pic.twitter.com/VaJrqjLBGR
— #ImplementGBVFPoliciesNow!!!✊🏽 (@Queen_Leeeray) February 22, 2022