Uitkoms van Chinese Kommunistiese Party-konferensie kan globale gevolge hê


Luister nou

Volgende

Uitkoms van Chinese Kommunistiese Party-konferensie kan globale gevolge hê

Nuuskommentaar: 11 Oktober 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Terwyl die wêreld tans op die eskalasie van konflik in Oekraïne gefokus is, sal die Kommunistiese Party van China se vyfjaarlikse konferensie later hierdie week in Beijing afskop. Die uitkoms van hierdie konferensie kan globale gevolge inhou en sal ʼn duidelike aanduiding gee van die rigting wat China oor die volgende vyf jaar wil inslaan.

Die afgelope dekades was dit die praktyk in China dat ʼn president, wat ook die hoofsekretaris van die Kommunistiese Party is, ʼn maksimum van twee termyne van vyf jaar elk kon dien. In 2018 is die grondwet egter gewysig wat dit vir Xi Jinping moontlik maak om oor ʼn paar dae van nou af vir ʼn derde termyn verkies te word.

Die afgelope dekade het China onder leiding van president Xi Jinping wesenlike veranderinge ondergaan. In 2012 toe hy die leisels oorgeneem het, was die Kommunistiese Party wesenlik verswak ná dekades van korrupsie en desentralisasie. China het ʼn gematigde buitelandse beleid gehad en verhoudinge met die VSA en Europa was redelik stabiel.

Sedert 2012 het Xi egter ʼn nuwe benadering begin volg waarvolgens mag weer toenemend gesentreer is en ʼn omvattende veldtog van binnelandse spioenasie, meeluistering, media- en internetsensuur ingestel is. ʼn Poging is ook van stapel gestuur om die organisering van die burgerlike samelewing volledig te beheer.

Vandag het China ʼn enorme binnelandse veiligheidsprogram met meer as twee miljoen mense wat elke oomblik van die dag internetgebruik, die media en selfs burgerlike organisasies monitor en sensuur toepas. Chinese burgers het heelwat minder persoonlike vryheid as ʼn dekade gelede en hulle word daagliks met propaganda geteiken.

Ook wat buitelandse beleid aanbetref het China wesenlik onder die leiding van Xi verander. Terwyl die Chinese weermag drasties vergroot en gemoderniseer is, het China eers meer selfgeldend en uiteindelik selfs meer aggressief teenoor bure soos Taiwan, Indië, Japan en Nepal begin optree.

Chinese buitelandse handel en beleggings word deesdae ingespan om Xi se doelwit dat China die belangrikste moontheid ter wêreld moet word, te verwesenlik. Xi droom van ʼn ideologiese oorwinning oor Westerse vryemark- en demokratiese beginsels.

Terwyl China vandag meer geïsoleerd as oor die afgelope drie tot vier dekades is, het die land ook ernstige uitdagings met ʼn ekonomie wat besig is om te stagneer, asook demografiese probleme wat insluit die vinnige veroudering van die bevolking en selfs ʼn toekomstige skerp bevolkingsinkrimping wat voorspel word. Verder is Xi die skepper van ernstige geopolitieke spanning in Asië en stuur die verswakkende verhouding tussen China en die VSA op toekomstige konflik af.

Daar is steeds ʼn sterk groepering van leiers in die Chinese Kommunistiese Party wat ten gunste van hervormings is en wat eerder wil sien dat China sy verhoudinge met die Weste herstel en groter individuele vryhede aan sy burgers toestaan. Dit sluit in vier huidige lede van die Politburo, naamlik Wang Yang, Li Keqiang, Chen Min’er en Hu Chunhua.

Die vraag is of hierdie leiers herkies gaan word by die konferensie wat eerskomende Sondag in Beijing begin. Sou Xi, soos verwag, herkies word en van sy mees lojale ondersteuners tot die Politburo verkies word, kan ʼn mens verwag dat die spanning tussen China en die Weste oor die volgende vyf jaar gaan verhoog terwyl China nog meer geïsoleerd kan funksioneer. Uiteindelik sal dit globale veiligheids- en ekonomiese gevolge inhou.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Uitkoms van Chinese Kommunistiese Party-konferensie kan globale gevolge hê


Luister nou

Volgende