Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Uitgerekte kragonderbrekings in die Wes-Kaap verwag, sê Eskom

8 April 2024

Eskom het verbruikers in die Wes-Kaap gewaarsku dat daar tans – weens gure weer – ‘n geweldige agsterstand ondervind word om aangemelde foute te herstel.

Die nutsmaatskappy se provinsiale woordvoerder, Kyle Cookson sê uitgerekte onderbrekings word in die Kaapse-metro, dele van die Wes-Kus sowel as die Boland- en Overberg munisipaliteite verwag.

Hy het ‘n beroep op verbruikers gedoen om geduldig te wees te midde van dié vertragings.

Intussen is die Hugenote-tonnel in albei rigtings weer vir verkeer oopgestel nadat dit die naweek gesluit moes word weens sterk wind daartoe gelei het dat voertuie omgewaai is.

Te midde van die wind kon nooddienste daarin slaag om ‘n voertuig wat op die ryvlak omgewaai het, regop te trek en dit van die ryvlak af te verwyder.

Intussen het SANParke vanoggend in ‘n verklaring gesê dat die kabelkarretjies op Tafelberg in Kaapstad steeds gesluit is weens die verwoestende wind. Ander dele van die Tafelberg Nasionale Park is egter steeds oop vir stappers. Die bekende Boulders Beach se pikkewyn kolonie kan ook steeds besoek word. Kaappunt is ook steeds oop.

Vir veiligheidsredes is die Oude- en Nuweland-piekniekterreine gesluit, asook die Deer Park, Rhodes Memorial, en Leeukopstaproetes is gesluit.

SANParke het ‘n beroep op besoekers gedoen om versigtig te wees indien hulle enige van hierdie terreine besoek, hoewel hulle voorstel dat mense eerder die besoeke uitstel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende