Uil as “deposito” by bank aangebied


Luister nou

Volgende

Uil as “deposito” by bank aangebied

30 April 2024

Kliënte en personeel by ‘n Absa-tak in Gauteng was stomgeslaan toe ‘n klant probeer het om ‘n bankrekening oop te maak met ‘n lewendige nonnetjie-uil as deposito.

Die uil se redding was dat die bank die klant meegedeel het dat hulle nié die uil kan aanvaar nie, maar dat daar slegs wettige betaalmiddels aanvaar kan word.

TimesLive berig dat die man eers die uil aan ‘n tradisionele geneser probeer verkwansel het, voordat hy daarmee bank toe is.

Volgens ‘n woordvoerder van Absa het die voorval verlede week by die Westonaria-tak plaasgevind en is die Owl Rescue Centre se hulp ingeroep om die voël te red.

Brendan Murray verbonde aan die sentrum sê so vreemd soos wat die situasie was, het hulle al moeiliker en vreemder reddings uitgevoer. Die uil word tans by die sentrum gehuisves.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Uil as “deposito” by bank aangebied


Luister nou

Volgende